Val Boeredag
2 Julie 2025
Val boeredag
2 Julie 2025
Aangebied deur Waterval-boerevereniging, in samewerking met AFGRI.
Oor Ons
Hierdie jaar word ‘n mylpaal gevier - Val Boeredag vier sy 30ste bestaansjaar. Dick Kerslake het destyds die aanvanklike idee gehad om ‘n boeredag by Val te hou om demonstrasies van die nuutste landboutoerusting ten toon te stel. Hy het gevoel dit is belangrik vir boere om te sien hoe die toerusting werk in toestande soortgelyk aan hul eie, en om verskillende produkte met mekaar te kan vergelyk. Kerslake en lede van die Waterval-boerevereniging het met landboubesighede in die omgewing vergader om die idee te bespreek en het die ondersteuning van verskeie maatskappye en plaaslike boere gekry. Na drie dekades is ons trots om te kan sê dat Val Boeredag steeds sy fokus behou en dat ons demonstrasies ons belangrikste gebeurtenis van elke Val Boeredag bly.
Die eerste Val Boeredag in 1995 was ‘n reuse sukses
en die daaropvolgende jaar is besluit om stropers ook in te sluit en die datum is na Junie verskuif om die stroop van mielies te kan demonstreer.
1999
20 Uitstallers
In 1999 is die Boeredag na die plaas Oudehoutspruit verskuif omdat hier besproeiingsgronde was vir die stroopdemonstrasies. Daardie jaar was daar sowat 20 uitstallers. Met die gewildheid van die Boeredag, en uitstallers en besoekers wat jaar na jaar toegeneem het, is daar ‘n paar keer van perseel verander om aan die groeiende behoefte te voldoen.
2016
Val Boeredag skuif na die Val-sportklub
In 2016 is Val Boeredag na die Val-sportklub verskuif, waar permanente fasiliteite opgerig is om die Boeredag werklik as ‘n jaarlikse instelling op die landboukalender te vestig. Die Val-gemeenskap is ten nouste by die boeredag betrokke en dis ‘n reuse inspuiting vir die gemeenskap.
2024
224 Uitstallers
Val Boeredag het sedert September 1995 gegroei van agt uitstallers en ‘n handjievol boere, tot waar dit in 2024 kan spog met 224 uitstallers van regdeur Suid-Afrika en bykans 6000 besoekers. ‘n Paar jaar gelede is die datum van die Boeredag na die eerste Woensdag in Julie verskuif, om saam te val met die skoolvakansie, aangesien die Boeredag ‘n volledige gesinsuitstappie geword het met vermaak en stalletjies met iets vir almal.
Landboudemonstrasies
Landboudemonstrasies
Val Boeredag bly egter een van slegs ‘n paar volbloed landboudemonstrasies in Suid-Afrika, waar produsente eerstehands kan sien hoe die nuutste tegnologie werk. Uitstallers van regdeur Suid-Afrika doen moeite om te verseker dat hulle toerusting op Val Boeredag ten toon gestel word, en uitstallers gee ook elke jaar goeie terugvoer oor die blootstelling wat Val Boeredag hul bied.
Vermaak dié jaar by Val:


